Drone spuit oor gewasse

Spyt kom altyd te laat,
so laat ons liewer vroeg kom spuit!

Professionele dronespuitwerk en -strooiing vir plase in Limpopo, Noordwes en Gauteng.

Wat Ons Doen

Ons Dienste

Spuitwerk

Spuitwerk

Gewasbeskerming, weiveld en bosbeheer, ook in moeilik-bereikbare terrein.

Strooiwerk

Strooiwerk

Kunsmis en saad strooiing, onderhewig aan T100-geskiktheid.

Bosbeheer

Bosbeheer

Bos- en plantegroeibeheer op plase, weivelde en moeilike terrein.

Ons pas produk toe volgens jou of jou adviseur se instruksies — ons verkoop nie chemikalieë nie en gee nie voorskrifte nie.

Hoekom 'n Drone

Die regte werktuig, op die regte tyd

  • Nat lande waar trekkers en spuiters vassit
  • Moeilike terrein en oneweredige grond
  • Swak toegang tot sommige kampe of blokke

'n Drone is nie altyd vinniger of goedkoper as konvensionele toerusting nie — dit is die regte werktuig wanneer die omstandighede dit vra, en ons sal dit eerlik vir jou sê.

Vertroue

DJI AGRAS T100

DJI AGRAS T100 drone toerusting
Diensarea

Limpopo · Noordwes · Gauteng

Oop vir reis elders in Suid-Afrika wanneer die werk dit regverdig.

Spyt kom altyd te laat, so laat ons liewer vroeg kom spuit!

WhatsApp Ons

Verkies liewer om te wag vir 'n oproep? Los jou besonderhede: